
=====================================================================
Die kode is P (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Die kode is P

---------------------------------------------------------------------
Wendy Anthonie kyk terug op haar grootwordjare op Beaufort-Wes en die rol wat 'n kinderlike oorlewingstaal in haar lewe gespeel het.

Was nog nooit vlug van brein nie. Ek praat nou van goed soos hoofrekene op skool. Het maar altyd 'n hou met 'n liniaal gekry. Gee my egter 
'n stuk papier en 'n potlood, en ek gee vir jou 'n pragtig uitgewerkte som!

Nou kan jy seker begrip h vir die feit dat die baie omslagtige P-taal vir my soos 'n wiskunde-probleem destyds was. Die storie gaan so:

Die hele middedorp, en veral Donkinstraat, die hoofstraat, was kleintyd taboe vir ons gekleurdes. As jy dan nou daar ms wees, soos om jou 
ma se rekeninge te gaan betaal, moes jy terwille van oorlewing maar die agterstrate gebruik. Veral die spyaadjies was heilige grond. En jy 
kon net daar loop as daar nrens 'n blanke in sig was nie. Kom daar wel 'n boertjie aan, moes jy wyk of jy word summier uit die poel uit 
geloop (heeltemal omgestamp, omgeklap of omgery). Kla het nie gehelp nie, want dit was destyds 'n wit woord teen 'n bruin woord!

Alles, van 'n brood tot 'n appel, moes toe nog oor die toonbank gekoop word. Behalwe dat hulle my as gekleurde nooit eerste wou bedien nie, 
was ek voorts maar aan die kort kant, en kon hulle my nie altyd so lekker raaksien nie. Jy moes maar geduldig wag totdat al die lannies 
klaar gehelp was. My arme pa (net so 'n small smack soos ek) het dit nt so swaar gehad. Net omdat hy 'n dieper skakering van bruin was, 
het hulle altyd geskree; "Ja, Outa! Wat wil jy h?" Haai, kon julle nie sien dat my pa 'n teacher was nie? Daddy was dan altyd so beleefd 
met sy three piece suit.

Dit was die dae toe jy nie eens in die rigting van 'n blanke nooi of krel kon kyk nie. Jy kon nie eens met hulle glimlag of hulle beleefd 
groet nie. Waag dit net! Koort is jou naam! Wat maak 'n mens nou met hierdie opgehoopte woede oor onreg, wat net-net wil uitkook? Jy 
"ontwerp" jou geheime taal. Jy ontwerp die P-taal!

Daarmee was ons veilig, want niemand behalwe ons jong mense het dit verstaan nie. Jy kon nou letterlik met moord wegkom en boonop soos 'n 
buitelander klink. So lekker Spaanserig sou ek s! Ek weet nie mooi hoe om di taalaffre in ordentlike Afrikaans te verduidelik nie. Al 
wat ek weet, is dat die letter p oral ingedruk word en dat jy heel geleerd klink wanneer jy dit vinnig praat!

Hier volg 'n tipiese insident. Dag en tyd: Saterdagmiddag n fliek. Plek: hoofstraat, kafee/delicatessen langs Du Toit Meubels. Jaar: 
iewers in 1966.

Die kfie is vol blankes wanneer jy en jou tjommie daar instap. "Dit gaan weer 'n lang wag wees," weet ons sommer. Mister Bellon se 
baaiskoep is so pas uit, en nou is julle lus vir 'n halwe boufie en waks ('n halwe brood met dik smeerwors). Die twee van julle het kazat, 
en daar sal genoeg geld oorbly vir 'n paar Wilson toffies, twee Chappies bubblegum, 'n stuk soutvis, blikkie Groovy koeldrank, n 'n pakkie 
twintig Lucky Strike sigarette.

Nie een van ons twee kon rrig rook nie, maar jy lyk mos heel groot en important met 'n ntjie so tussen jou vingers. Pure soos Ava Gardner 
wat jy nou net in die fliek gesien het!

Julle beur nader na die toonbank en jy vra op jou beleefdste: "Goeiemiddag, meneer!" (Die meneer is net 'n boerklong, jou eie size), maar 
terwille van gehelp wil word, moet jy nou maar jou siel verkoop. "Kan ek asseblief "

Die klong s hier oor my kop: "Dags, Oom, wat kan ek vir Oom doen?"

"Is die klong blind?" wonder jy vies.

Sal maar weer probeer. "Verskoon tog meneer, kan ek "

Hy help wragtie weer iemand anders wat agter ons staan. "Staan nader, Tannie, hoe kan ek help?".

Nou kook Gam se kind al hier binne. Julle koukus gou so 'n bietjie en met 'n grynslag op albei van ons se gesigte, trek ons ons ons regop 
soos twee soldate wat gereed maak vir die groot aanval. Gewapen met die P-taal, tree ons weer nader. Ons ontsenu die arme klong s, dat hy 
met 'n rooi gesig en heel benoud, slegs die hulpkreet: "Pa-a-a- !!" kon uitkry.

S het ons geklink:

(Hei, boerjie!) "Heipei boepoertjiepie! (Gee daar vir ons) Geepee dapaar vipir opons ('n halwe brood) ipi hapalwepi bepibripood (en 'n tien 
sent se rooi smeerwors) epn ipi tiepiesepnt sipi roopooi smepeerwepors.

(Ons wil ook twee Groovies) "Opons wipil opook tweepee Groopoowiepies, ('n stuk soutvis) ipi stupuk soupout vepis (en 'n pakkie twintig 
Lucky Strike h) epn ipi papakiepie twipoontipig Lapakiepie Strapike hep.

(Van die change moet jy) "Vapan diepie chapange moepoet jypy (twee Wilson en twee Chappies bysit) tweepee Wipilsipins epn tweepee 
Chapppipies bipy sipit (en maak gou!) epn mapaak goupou!"

Arme Boetman kon nie anders as om te dink dat ons aliens van 'n ander planeet was nie. Die pa het gou-gou die Hotnotjies kom bedien en toe 
ons lag-lag uitstap, het ons omgedraai en vir hom ges: "Het jou boertjie!"

"Hept joupou boepoertjiepie ! Wendy Antonie is 'n publisiteitsbeampte van Beaufort-Wes in die Groot Karoo. Sy bemark en verkoop self haar 
boek My Groot Onthou.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7431.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

